Vandag is Wêreldsjokoladedag! Probeer enige van hierdie smullekker sjokolade-resepte om dit te vier.
Souserige sjokoladepoeding
Ons het nog nie iemand teëgekom wat nie van hierdie poeding hou nie!
Die beste sjokolade bruintjies
Jou soeke na die perfekte bruintjieresep is verby! Hierdie bruintjies is krakerig aan die buitekant, maar sag en klam aan die binnekant.
Blitsige modderkoekie
Dié Bar One-modderkoekie vat net 90 sekondes om in die mikrogolf te maak, en dis so maklik, kinders kan dit sommer sélf maak.
Stroopsoet-sjokoladekoek
Dit is die klamste koek wat jy ooit sal maak.
Sondebolle
ʼn Smullekker warm sjokolade-en-kaneelbol wat jou mond sal laat water!
Suikervrye bruintjies
Al die lekkerte met geen suiker!
Sjokoladesmeer-pastei
Slegs vier bestanddele is nodig vir hierdie hemelse pastei!
Dubbelsjokolade-droom
Dié sjokolade-en-katjiebotterkoekies kan al jou drome waar maak.
Rykman-se-yskastert
Dít is beslis nie jou alledaagse yskastert nie.
Sjokolade-lawakoek
Dié resep is smelt-in-die-mond lekker en sal enige sjokoladeliefhebber se hart vinniger laat klop!
Dis genoeg om enige mens lus te maak vir sjokolade!