Soorte resepte:

Aartappel-en-speksosatie

lewer 6-8 

Bestanddele:
1 kg klein aartappeltjies, gaargekook
1 x 250 g-pak swoerdlose spek
250 g knopiesampioene, skoongevee
200 ml gesmelte knoffelbotter
8 sosatiestokkies

Metode:
1. Voorverhit die oond tot 200°C.
2. Draai die spek om elke aartappeltjie en ryg afwisselend met die sampioene op die sosatiestokkies.
3. Smeer die gesmelte knoffelbotter oor elke sosatie en rangskik die sosatie op ‘n bakplaat.
4. Rooster die sosaties ongeveer 10 minute op die boonste rakkie van die oond.
5. Sit warm voor.

*Die sosaties kan ook oor die kole gebraai word.

Resep oorspronklik gepubliseer in Smul sonder sukkel deur Olga Wall.
Uitgewers: Lapa
Eerste uitgawe: 2006

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.