Soorte resepte:

Annelien se kombuis: Karringmelkbeskuit

Karringmelkbeskuit (Foto: Annelien Pienaar)

“’n Heerlike karringmelkbeskuit met ’n verskeidenheid opsies om hierdie basiese beskuit vele jassies te gee,” sê Annelien Pienaar, voedselwetenskaplike en skrywer van die bekende resepteboek en blog Boerekos met ʼn twist.

Bestanddele

  • 300 g melasse-suiker (treacle sugar)
  • 500 g botter of bakkersmargarien met 80% vetinhoud
  • 2 ekstra-groot eiers, geklits
  • 500 ml (2 k) karringmelk
  • 1 kg koekmeel
  • 20 ml (4 t) bakpoeier
  • 5 ml (1 t) koeksoda
  • 5 ml (1 t) sout
  • 200 g (4 k) hoëveselsemel (high fibre bran)
  • 60 g (2 k) semels (bran)
  • 2 gerasperde appels
  • 100 g bosbessies (cranberries)
  • 80 g klapper, fyn
  • 100 g (1 k) pekanneute, gekap

Metode

  1. Smelt botter en melasse-suiker saam sodat die botter net gesmelt is. Die suiker sal wel nog korrelrig vertoon; moenie daaroor bekommer nie.
  2. Laat afkoel en voeg karringmelk by en klits deur. Voeg dan eiers by.
  3. Sif koekmeel, bakpoeier, koeksoda en sout saam. Meng dan die res van die bestanddele by en maak seker alles is eweredig versprei.
  4. Maak ʼn holte in die meelmengsel en voeg die karringmelkmengsel by en roer met houtlepel totdat al die bestanddele aan mekaar begin klou. Onthou, omdat die resep bakpoeier bevat, moet die deeg nie oorwerk word nie, anders sal die eindproduk hard wees. Dit gebeur omdat gluten ontwikkel word.
  5. Druk in plat beskuitpan met afmeting van ongeveer 35 cm x 45 cm. Druk met afdrukker of sny met mes in skywe.
  6. Bak by 180 °C vir 35 minute. Laat beskuit in die pan afkoel. Sny dan binne-in die pan in skywe.
  7. Skep uit en pak in oond op bakplate sodat daar ’n vingerspasie tussen elke beskuit is. Droog vir 5-8 ure by 115 °C met die oonddeur op ’n skrefie oop.Variasie:
  • 1 k pekanneute/ander neute van keuse of
  • 1 k rosyne/dadels gekap/bosbessies (cranberries) of gedroogde vrugtemengsel.

Besoek Annelien Pienaar se webtuiste en Facebook-blad. Vul jou besonderhede hier in om die resep in PDF-formaat te ontvang.

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae