Soorte resepte:

Annelien se kombuis: Sjokoladekoek met stroop

Sjokoladekoek met stroop (Foto: Annelien Pienaar)

’n Heerlike alles-in-een-koek wat gaste altyd na meer laat vra.

Annelien Pienaar is ‘n voedselwetenskaplike en die skrywer van die bekende resepteboek en blog Boerekos met ʼn twist.

Bestanddele

KOEK

  • 60 ml kakao
  • 125 ml kookwater
  • 3 eiers
  • 220 ml suiker
  • 60 ml olie
  • 250 ml koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 2 ml sout

STROOP

  • 200 ml suiker
  • 250 ml water (kan met helfte room vervang word vir ryker smaak)
  • 60 ml Amarula-likeur (of enige ander roomlikeur)

AFRONDING

  • 1 blik karamelkondensmelk
  • 250 ml room, styfgeklop
  • 2-3 Flake-sjokolades, gebreek

Metode

KOEK

  1. Meng kakao met kookwater en laat afkoel.
  2. Klits eiers, suiker en olie saam. Voeg koue kakaomengsel by en meng deeglik.
  3. Sif droë bestanddele by en meng goed.
  4. Skep in pan van 22 x 30 cm en bak ongeveer 20 tot 30 minute in ʼn 180 °C-oond.
  5. Prik met vurk as koek uit oond kom en gooi dadelik warm stroop oor.
  6. Laat goed afkoel en plaas in yskas tot baie koud. Smeer karamelkondensmelk oor en dan room. Indien verkies strooi Flake-sjokolade oor.

STROOP

  1. Kook suiker en water 5 minute saam en verwyder van plaat. Voeg Amarula by en roer goed deur.

2. Gooi warm mengsel oor geprikte koek.

 

Besoek Annelien Pienaar se webtuiste en Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eend Bessinger ·

Vervang likeur met bessie vrugtesap vir mense wat nie van alkohol hou nie. Yum!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.