Resep: Geelwortelkoek

Foto: myrecipes.com (Foto: Tina Cornett; Stilering: Leslie Byars Simpson)

Foto: myrecipes.com (Foto: Tina Cornett; Stilering: Leslie Byars Simpson)

Resep: Gerda Nel (Maroela Media-leser)
ʼn Ryk, klam koek met ʼn soetsuur maaskaasversiersel

Bestanddele:
4 eiers
400g (500ml) suiker
250ml kookolie
325g (625ml) bruismeel
5ml koeksoda
5ml fyn kaneel
1ml sout
350g (780ml) geskilde, grof gerasperde geelwortels
90g (100ml) sagte botter of margarien
450g (700ml) versiersuiker, gesif
200g (200ml) gladde maaskaas
2ml vanieljegeursel
50g (125ml) gekapte okkerneute

Metode:
1. Klits eiers en suiker tot romerig. Voeg kookolie by en klits goed.
2. Sif bruismeel, koeksoda, kaneel en sout saam. Vou gesifte bestanddele in eiermengsel in.
3. Voeg wortels by en meng liggies.
4. Gooi deeg in twee gesmeerde koekpanne van 24cm in deursnee en bak 40 min of tot gaar by 180°C (350°F).
5. Keer versigtig op ʼn draadrak uit en laat afkoel.
6. Meng botter en versiersuiker deeglik. Voeg maaskaas en geursel by en meng tot glad.
7. Smeer tussen lae en buite-om koek.
8. Strooi neute oor en plaas in koelkas om styf te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Elzabe Kannemeyer

Baie lekker almal het dit Geniet . Dankie .