Soorte resepte:

Resep: Kaaspoffertjies

Foto: Wenresepte 2

Foto: Wenresepte 2

Bak die poffertjies in kolwyntjiepanne met groot holtes as jy hulle vir ontbyt of saam met koffie of tee wil voorsit. Of bak hulle in panne met klein holtes en sit hulle as ‘n sout snoepery voor. ‘n Mens kan die poffertjies ook voorsit met konfyt en room. Die resep kom van mev. Marthie Faurie van Gobabis.

 Lewer sowat 24 groot poffertjies.

Bestanddele:

  •  275 g (500 ml ongesifte)
  • koekmeelblom
  • 25 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • knypie rooipeper
  • 200 g (500 ml gerasperde
  • cheddarkaas
  • 500 ml melk
  • 2 eiers

 Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C.
  2. Smeer die holtes van 2 diep kolwyntjiepanne.
  3. Sif die koekmeelblom, bakpoeier, sout en rooipeper saam.
  4. Voeg die kaas by en meng.
  5. Klits die melk en eiers saam.
  6. Voeg dit by die meelmengsel en meng tot ‘n slap deeg.
  7. Skep die holtes van die kolwyntjiepanne twee derdes vol deeg.
  8. Bak die poffertjies 15 minute lank op die middelste oondrak tot goudbruin.
  9. Sit hulle warm voor.

Bron: Huisgenoot Wenresepte 2 deur Anette Human
Uitgewer: Human & Rousseau

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.