Soorte resepte:

Mej. SA-finalis deel appeltertresep

Ané Oosthuysen, een van vanjaar se top-30-finaliste vir Mej. Suid-Afrika, bring graag tyd in die kombuis deur en geniet dit om watertandgeregte op te dis. (Foto: Verskaf)

Een van Ané Oosthuysen se gunstelingtydverdrywe is om te kyk hoe die sjefs op MasterChef Australia meeding. Dié 23-jarige inwoner van Vanderbijlpark en een van vanjaar se top-30-finaliste vir Mej. Suid-Afrika bring graag tyd in die kombuis deur en geniet dit om watertandgeregte op te dis.

Oosthuysen het as assistent-onderwyser by ʼn laerskool gewerk terwyl sy haar Nagraadse Onderwyssertifikaat (NGOS) voltooi het. Sy het ook ʼn BA-graad in sielkunde en sosiologie en honneursgrade in sielkunde en mediese sosiologie aan die NWU behaal. Oosthuysen se doelwit is om ʼn gekwalifiseerde opvoedkundige sielkundige te word, maar tot dan leer sy graag, speel netbal, bestee tyd saam met haar gesin en bak en brou sy.

Sy bak graag appeltert en het besluit om dié resep met lesers te deel:

Bestanddele

  • 250 ml suiker
  • 30 ml botter
  • 125 ml melk
  • 2 eiers
  • 250 ml koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 385 g appelskywe
  • ʼn knippie sout
  • ʼn knippie kaneel
  • 200 ml room
  • 200 ml suiker
  • 5 ml vanieljegeursel

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Meng die eiers en suiker, voeg dan die melk en botter by en meng goed.
  3. Meng die meel, sout, kaneel en bakpoeier en voeg dit by die eiermengsel.
  4. Giet die beslag in ʼn oondvaste bak en plaas die appelskywe versigtig bo-op.
  5. Bak in die oond vir 60 minute of tot goudbruin.
  6. Wanneer die tert gaar is, haal die pan uit die oond en laat dit afkoel.
  7. Verhit die room, suiker en vanieljegeursel in ʼn klein kastrol.
  8. Gooi die mengsel oor die appeltert voor dit gesny en opgedien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

LIEZL ·

Ja, dis vreemd. Lyk my hulle moes eerder deelneem aan een of ander kos program. Die resep kom al jare aan in ons familie

VaalDonkie ·

Hoekom moet ons reseppies van elke jongmeisie kry? Waar’s die bikini-foto’s?

Elize ·

Hulle probeer nou gesig koop met al die ou resepte wat so gewys word. Hierdie geregte is niks nuut nie en word baie in my huis gemaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.