Min-moeite-rysdis

Argieffoto

Argieffoto

Bestanddele:
500 g maalvleis
1 uitjie gesnipper
1 blik minestrone-sop of 410 g groentesop
25 g margarien (30ml) (6 t)
180 g ongekookte rys

Metode:
Stel oond op 180°C en smeer diep oondskottel.
Braai maalvleis in margarien tot gaar en roer gedurig met vurk om klonte te voorkom.
Gooi in skottel, strooi ui bo-oor, dan die rys en laaste die sop.
Vul sopblik met water en gooi bo-oor.
Sit deksel op en bak 1 uur of tot rys alle vloeistof geabsorbeer het.
Joey Pienaar

Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae