Soorte resepte:

‘Net koffie’ se kruisementkoek

‘Net koffie’ se kruisementkoek. (Foto: Verskaf)

Sit terug en geniet ʼn sny van dié kruisementkoek saam met jou gunstelingkoffie.

Bestanddele

  • 25 ml Espresso
  • 175 g ongesoute botter
  • 175 g strooisuiker
  • 225 g bruismeel (gesif)
  • 50 g amandelmeel
  • 3 eiers

Vulsel

  • 50 g ongesoute botter
  • 115 g versiersuiker
  • 30 ml crème de menthe (mentlikeur)

Wenk

Maak seker dat die botter sag en romerig is voordat die droë bestanddele bygevoeg word.

Sit terug en geniet ʼn sny van ‘Net koffie’ se kruisementkoek saam met jou gunstelingkoffie. (Foto: Verskaf)

Instruksies

  1. Voorverhit oond teen 180 °C; jy gaan twee 18 cm‑oondpanne vir die resep nodig hê.
  2. Meng botter, suiker, meel, amandelmeel, eiers en koffie in ʼn groot mengbak saam. Meng deur totdat al die bestanddele goed saam gemeng is. Verdeel in twee gelyke dele in die twee oondpanne. Bak vir 25 minute. Laat die koeke vir 5 minute in oondpanne afkoel, draai uit op rakkie om verder af te koel.
  3. Vulsel: verroom die botter, versiersuiker en crème de menthe saam in ʼn mengbak totdat dit lig en pofferig vermeng.
  4. Smeer die vulsel in die middel van jou twee sponskoeke en sif versiersuiker oor die bolaag van die boonste koek, rond af met ʼn kruisementblaartjie net voor bediening.

Hierdie resep is in episode vyf van Net koffie met Henriëtte Marx gemaak. Dit is met vergunning van kykNET gepubliseer. Vir meer inligting oor die program, besoek kykNET se webwerf.

Net koffie met Henriëtte Marx wys op Sondagmiddae om 17:00 op kykNET, DStv-kanaal 144.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.