Soorte resepte:

‘Net koffie’ se pynappelkoffiekoek

‘Net koffie’ se pynappelkoffiekoek (Foto: Verskaf)

Jy sal verbaas wees oor hoe goed die sappige pynappel en koffie mekaar in hierdie gelaagde pynappelkoffiekoek komplementeer.

Bestanddele

  • 15 ml espresso
  • 250 g sagte botter
  • 2 k bruinsuiker
  • 6 eiers
  • 1 k koekmeel
  • ½ k bruismeel
  • 1 k amandelmeel
  • ½ k fyngemaakte pynappel, gedreineer

Versiering

  • 20 ml espresso
  • 250 g sagte botter
  • 3 k versiersuiker, gesif

Bolaag

  • 2 e strooisuiker
  • 2 e water
  • 1 pynappel, geskil

‘Net koffie’ se pynappelkoffiekoek (Foto: Verskaf)

Metode

  1. Voorverhit oond tot 180 °C. Smeer liggies en voer drie ronde koekpanne van 20 cm in deursnee met bakpapier uit.
  2. Maak die espresso en laat dit afkoel. Klits botter en suiker met ʼn elektriese menger saam in ʼn groot bak tot romerig. Voeg eiers een op ʼn slag by en klits goed na elke byvoeging. Vou gesifte gekombineerde meel en amandelmeel, pynappel en koffie in tot gemeng. Verdeel mengsel eweredig in koekpanne.
  3. Bak vir 30-35 minute. Verkoel in pan vir 10 minute voordat dit na ʼn draadrak oorgedra word om heeltemal af te koel.
  4. Versiering: Maak die espresso en laat dit afkoel. In ʼn groot bak, gebruik ʼn elektriese menger en klits botter, versiersuiker en koffie saam tot glad.
  5. Bolaag: In ʼn klein bak, mikrogolf suiker en water vir 1 minuut. Sny pynappel in dun skywe. Smeer met suikermengsel en druk in gesmeerde muffinpanholtes vas. Bak teen 120 °C vir 90 minute of tot droog.
  6. Smeer 1 koek met een derde versiersel, herhaal lae en eindig dan met versiersel. Versier koek met pynappelblomme.

Hierdie resep is in episode 12 van Net koffie met Henriëtte Marx gemaak. Dit is met vergunning van kykNET geplaas. Vir meer inligting oor die program, besoek kykNET se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.