Soorte resepte:

‘Net koffie’ se Texas-koffie-brownies

Texas-koffie-brownies (foto: verskaf)

Die tweede episode van Henriëtte Marx se TV-program, Net koffie, het smaaklike koffie-gegeurde “brownies” opgelewer.

Bestanddele:

Brownies:

  • 2 k meel
  • 2 k suiker
  • ½ k ongesoute botter
  • ½ k wit botter, bakvet of klapperolie
  • 1 k koffie
  • ¼ k onversoete kakaopoeier
  • ½ k karringmelk
  • 2 groot eiers
  • 1 t koeksoda
  • 1 t vanielje-ekstrak

Versiering:

  • ½ k ongesoute botter
  • 2 e onversoete kakaopoeier
  • ¼ k melk
  • 1½ k versiersuiker
  • 1 t vanielje-ekstrak

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 200 ˚C en smeer ʼn bakplaat van 25 x 40 cm liggies.
  2. Meng die meel en suiker in ʼn groot mengbak.
  3. Meng die botter, bakvet, koffie en kakao in ʼn swaar kastrol oor medium hitte. Roer aanhoudend totdat dit verhit is tot kookpunt.
  4. Gooi kokende mengsel oor die meel en suiker.
  5. Voeg die karringmelk, eiers, koeksoda en vanielje by. Meng goed met ʼn houtlepel of hoëspoedmenger.
  6. Gooi die beslag in die voorbereide bakpan.
  7. Bak vir sowat 20 minute, of tot ʼn tandestokkie skoon uitkom
  8. Berei intussen die versiersel voor deur die botter, kakao en melk in ʼn kastrol oor medium hitte te kombineer. Roer gereeld tot verhit tot kookpunt.
  9. Meng die versiersuiker en vanielje by en roer tot glad.
  10. Gooi die warm versiersel oor die brownies sodra dit uit die oond kom. Verkoel en sny in blokkies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.