Soorte resepte:

Resep: Alanis se sjokoladeryspoeding

Alanis se sjokolade-ryspoeding (Foto: Lapa-uitgewers)

’n Heerlike warm sjokoladepoeding is die perfekte medisyne vir die bibberende koue dae.

Lewer 6 porsies

Bestanddele

1 ℓ volroommelk
125 g botter
1 x 175 g-pakkie Oreo-koekies, 10 grofgekap
10 ml (2 t) kakao
2 x 90 g-pakke donkersjokolade, in blokkies gebreek
500 ml (2 k) gaar witrys

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 160 °C en smeer ’n oondvaste bak met botter.
  2. Meng die melk en botter in ’n swaarboomkastrol en verhit. Roer die koekies, kakao en sjokolade deur die melkmengsel en laat vir 3-5 minute liggies kook. Verwyder van die hitte.
  3. Roer die rys in en skep die poeding in die voorbereide oondvaste bak. Bak die poeding vir 15 minute en sit warm voor saam met room of vla.

Bron: Soettand

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.