Maroela Media-leser Michelle Smith sê haar man is mal oor hierdie resep. Die resep is veral vir haar lekker omdat dit werk met ʼn groot verskeidenheid kombinasies van bestanddele. Sy vertel dat sy hierdie beskuit al so baie gemaak het dat dit perfek by haar smaak pas.
Smith vervang byvoorbeeld gereeld die neute met sjokoladekrummels of opgesnyde kersies.
“Elkeen kan sy eie kombinasies maak soos hulle daarvan hou met hierdie resep,” sê sy.
Bestanddele
- 1½ k suiker
- 3 groot eiers
- 500 g sagte botter
- 1 kg bruismeel
- 1 k neute, klein gekap
- 750 ml All Bran-vlokkies
- 300 ml karringmelk
Metode
- Verhit oond tot 180 °C en spuit twee oondpanne met kossproei.
- Klits suiker, eiers en botter saam tot liggeel. Meng bruismeel, neute en All Bran-vlokkies met jou hande in. Meng geleidelik karringmelk in tot ’n sagte deeg vorm. Deeg moenie aan hande klou wanneer dit klaar gemeng is nie.
- Halveer die deeg en druk dit plat in die oondpanne. Sny deeg in die grootte beskuit waarvan jy hou.
- Bak vir 45 minute tot bruin.
- Stel oond tot 70 °C en pak beskuit op oondpan. Sit in oond om uit te droog.
Stuur jou lekker resep hier aan ons.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Te heerlik!