Soorte resepte:

Resep: Amasi-koek

Amasi-koek (Foto: Lapa-uitgewers)

Die koek is heerlik en klam.
Lewer 10 porsies

Bestanddele

  • 240 g Clover Mooirivier- botter
  • 375 ml suiker
  • 1 t (5 ml) vanieljegeursel
  • 6 eiers, geskei
  • 1 k (250 ml) Clover Amasi (maas)
  • 1 t (5 ml) koeksoda
  • 2 k (500 ml) koekmeelblom
  • 1 t (5 ml) bakpoeier
  • klein knypie sout

BOLAAG

  • 100 g Clover Mooirivier- botter
  • 1 k (250 ml) suiker
  • 125 ml Clover-room
  • 1 k (250 ml) klapper
  • 1 t (5 ml) vanieljegeursel

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.

BESLAG

  1. Klits die botter en suiker tot lig en romerig. Voeg die vanieljegeursel by en meng. Voeg die eiergele een vir een by en klits goed na elke byvoeging.
  2. Voeg die koeksoda by die maas. Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam en voeg afwisselend met die maasmengsel by die bottermengsel. Meng goed.
  3. Klits die eierwitte styf en vou liggies in. Skep in gesmeerde, gevoerde ronde koekpanne en bak vir 45 minute tot toetspen skoon uitkom.

BOLAAG

  1. Berei intussen die bolaag deur die botter en suiker in ʼn kastrol te plaas. Roer oor lae hitte tot die suiker opgelos is. Voeg die res van die bestanddele by, meng en verwyder van hitte.
  2. Gooi bo-oor die koek sodra gaar en plaas dit onder ʼn oondrooster tot goudkleurig. Wees versigtig dat dit nie brand nie. Verwyder uit die oond, laat dit effens afkoel en keer versigtig uit.

Alternatief: Versier met gesmelte sjokolade indien verkies.

 

Bron: Teepartytjie

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.