Soorte resepte:

Resep: Anys-pampoenbeskuit

Anys-pampoenbeskuit (Foto: Lapa-uitgewers)

Pragtige geel beskuit met daardie kenmerkende anyssmaak.
Genoeg vir 30 stukke

Bestanddele

  • 1 kg koekmeel
  • 5 ml sout
  • 300 g (240 ml) suiker
  • 10 g (1 pakkie) kitsgis
  • 15 ml fyn kaneel of anyssade (opsioneel)
  • 125 ml louwarm water
  • 600 g (500 ml) pampoenpuree (sien onder)
  • 250 g botter, gesmelt

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer 2 broodpanne van 33 cm x 26 cm x 10 cm.
  2. Sif die droë bestanddele saam in ʼn groot mengbak.
  3. Meng die water, pampoenpuree en botter saam. Maak ʼn holte in die droë bestanddele en voeg die vloeistof by. Roer tot net gemeng en keer die deeg op ʼn meelbestrooide oppervlak uit. Knie tot elasties en sag. Sit weer in die mengbak en bedek met gesmeerde kleefplastiek. Laat rys vir 1 uur op ʼn warm plek tot verdubbel.
  4. Knyp gholfbalgrootte balletjies van die deeg af en pak dit stewig langs mekaar in die panne. Bedek met ʼn vadoek en laat staan tot die panne vol gerys het. Bak beskuit vir 50-60 minute by 180 °
  5. Laat effens in panne afkoel en keer op ʼn afkoelrak uit. Laat heeltemal afkoel en breek die balletjies los van mekaar.
  6. Pak die beskuite op bakplate en droog oornag uit by 80-100 ° Laat afkoel en verpak in ʼn lugdigte houer.

Maak só pampoenpuree vir hierdie resep:

Bestanddele

1 groot pampoen met geel vleis, geskil, ontpit en in skywe gesny

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ʼn groot oondpan.
  2. Rangskik die pampoenskywe op die bakplaat en bak vir drie ure. Draai die stukke elke uur om.
  3. Laat die pampoen in die oond afkoel en maak die oonddeur effens oop.
  4. Verwerk die afgekoelde pampoen in ʼn voedselverwerker tot fyn en glad. Dit neem ʼn hele ruk.
  5. Vryf die puree dan deur ʼn sif sodat ʼn gladde tekstuur verkry word. Verwyder enige stukkies wat nie deur die sif wil gaan nie.
  6. Skep in lugdigte houers of vriessakkies wat toerits en vries (vir tot ses maande) of gebruik dadelik.

Bron: Ek sou kon doen met ʼn pampoen deur Nettie Cilliers

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Racheltjie Debeer ·

Die afmetings vir die broodpan maak nie sin nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.