Soorte resepte:

Resep: Apie-koekies

Ouma Kotie Niehaus se handgeskrewe resep (Foto: Gerrit Steyn)

Maroela Media-leser Gerrit Steyn vertel dat hierdie resep sy oorlede ouma Kotie Niehaus se resep is.

“Ek het op haar handgeskrewe resep in ʼn baie ou resepteboek afgekom en toe besluit om dit te maak.  Nogal ʼn lekker kleinkoekie; veral lekker die volgende dag.  En kyk net wat noem sy die koekies!”

Resep lewer ongeveer 36 kleinkoekies.

Bestanddele

  • ¼ k botter
  • ½ k grondboontjiebotter
  • ¾ k suiker
  • ½ t vanieljegeursel
  • 1 eier geklits
  • 1 ½ k koekmeel
  • ½ t koeksoda
  • ¼ t sout

Apie-koekies (Foto: Gerrit Steyn)

Metode

  1. Klop botter en grondboontjiebotter totdat dit lig en romerig is.
  2. Voeg die suiker geleidelik by en klop baie deeglik na elke byvoeging.
  3. Voeg eier en vanieljegeursel by.
  4. Sif koekmeel, koeksoda en sout saam en voeg dit by.
  5. Knie die deeg goed.
  6. Vorm balletjies.
  7. Plaas op ’n gesmeerde bakplaat en druk plat met ’n vurk.
  8. Bak in voorverhitte oond by 190 °C vir so 8-9 minute.

Wenk:

Hou maar dop dat dit nie aan die onderkant aanbrand nie.  Om dit te verhoed het ek ’n oondpan onder die bakplaat met die koekies ingesit.

Het jy ’n lekker resep wat jy met ons kan deel? Stuur dit vir ons hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.