Lewer 27 stafies
Bestanddele:
- 125 ml sonneblomolie
- 125 ml suiker (100 g)
- 1 groot eier
- 200 g rysmeel
- 60 ml soja- of kekerertjiemeel
- 2,5 ml sout
- 10 ml bakpoeier
- 2 ml koeksoda
- 1 ml gerasperde neutmuskaat
- 5 ml fyn kaneel
- 250 ml KOO-appelsous
- 75 g dadels, gekap
- 50 g pekanneute, gekap
Metode:
- Verhit die oond tot 180 °C.
- Klits die olie, suiker en eier tot liggeel en goed gemeng.
- Sif die rysmeel, soja- of kekerertjiemeel, sout, bakpoeier, koeksoda, neutmuskaat en kaneel twee keer saam.
- Voeg die droë bestanddele, appelsous, dadels en neute by die eiermengsel en meng tot glad.
- Skep die deeg in ʼn gesmeerde 320 x 220 mm-rolkoekpan en maak gelyk.
- Bak vir 20-25 minute tot goudbruin en gaar. Laat vir 10 minute in die pan afkoel, sny in stafies en laat heeltemal afkoel in die pan.
Voorstelle en variasies
Appelsousbeskuit: Droog die stafies oornag of vir 5-6 uur in die louoond of teen 70 °C.
Bron: SA kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit
Uitgewer: Tafelberg
Is beter Afrikaans vir die Engelse/Amerikaanse “applesauce” nie eerder “appelmoes” as “appelsous” nie?
Dagsê Paul,
Dankie vir die voorstel, ons publiseer egter, volgens ons ooreenkoms met die uitgewer, die resep direk soos dit oorspronklik in die resepteboek gepubliseer is.
Groetnis
Landi nms Maroela Media
Swak, Tafelberg Uitgewers. Swak…