ʼn Maklike, laekoolhidraat-resep.
Lewer 9 porsies
Bestanddele
- 250 ml amandelmeel
- 125 ml koekmeel
- 125 ml kekerertjiemeel
- 10 ml bakpoeier
- 2,5 ml koeksoda
- 2,5 ml sout
- 2 eiers
- 125 ml laevetmelk
- 80 ml kanola-olie
- 60 ml fyn biltong
- 125 ml gerasperde beleë Cheddarkaas
- 6-10 basiliekruidblare, fyngekap
- knippie rooipeper
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 ° Spuit ʼn 9-holte muffinpan met kleefwerende kossproei.
- Meng al die droë bestanddele saam.
- Klits die eier, melk en olie saam en meng by die droë bestanddele.
- Vou die biltong, kaas, basiliekruid en rooipeper in die muffinmengsel in.
- Skep in die muffinpan.
- Bak 15-20 minute tot bruin.
- Laat effens afkoel en verwyder uit die pan.
Wenk: Maak ʼn opgehoopte koppie (150 g) heel amandels fyn in ʼn voedselverwerker om 375 ml amandelmeel te maak.
Bron: Slim Laekoolhidraat-geregte deur Marie Hofmeyr en Janet Wiegand
Uitgewer: Lapa
Nogene asb,heerlik lyk daai muffins