Soorte resepte:

Resep: Blitstert

Blitstert (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié koek lyk deftig, maar dit is eintlik baie maklik om te maak.

Bestanddele

  • ¼ k botter
  • ½ strooisuiker
  • 3 eiers, geskei
  • 2 k melk
  • 1 t vanieljegeursel
  • 1 k koekmeel
  • knippie sout
  • 1 t bakpoeier
  • ¾ k strooisuiker
  • 2 e kaneel
  • 2 e suiker
  • ½ k pekanneute, fyngekap
  • 1 k room, styfgeklits
  • 200 g karamel

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 160 °C en smeer twee koekpanne.
  2. Verroom die botter en die half koppie strooisuiker. Voeg die eiergele, melk en vanieljegeursel by.
  3. Sif die meel, sout en bakpoeier saam.
  4. Meng die meelmengsel by die eiermengsel tot ʼn beslag vorm. Skep die beslag in die voorbereide koekpanne.
  5. Klits die eierwitte saam met die driekwart koppie strooisuiker tot sagtepuntstadium.
  6. Skep die meringue bo-op die koekbeslag in die panne. Strooi die kaneel, suiker en neute oor en bak vir 35 minute.
  7. Verwyder uit die oond wanneer die meringue goudbruin en gaar is en laat afkoel. Smeer die karamel en room oor elke laag meringue.
  8. Pak die twee lae versigtig op mekaar en versier met appelliefies en rose.

Bron: Laat die potte sing deur Marlise Scheepers

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.