Soorte resepte:

Resep: Bloukaas-en-botterskorsiehappies

Bloukaas-en-botterskorsiehappies (Foto: Lapa-uitgewers)

Beproef gerus dié nuwe resep terwyl jy in isolasie is!
Lewer ongeveer 32 happies

Bestanddele

  • 800 g (2 x 400 g-rolle) skilferkorsdeeg

VULSEL

  • bietjie olie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2,5 ml vars gekapte knoffel
  • 500 g botterskorsie, geskil en in blokkies gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 60 ml strooisuiker
  • 375 ml gerasperde mozzarellakaas
  • 125 ml gekrummelde bloukaas
  • 45 ml gekapte vars pietersielie
  • 45 ml fyngekapte grasuie

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 220 °C en spuit ʼn bakplaat met kleefwerende kossproei.
  2. Rol die skilferkorsdeeg oop en ʼn bietjie dunner uit. Plaas die deeg voor jou sodat die lang kante bo en onder is en sny horisontaal in die helfte. Herhaal met die tweede rol deeg. Bedek met klam lap terwyl vulsel gemaak word.

VULSEL

  1. Verhit olie en soteer uie en knoffel daarin tot sag. Verwyder van die hitte.
  2. Plaas die botterskorsie in ʼn mengbak, voeg 10 ml water by en bedek met kleefplastiek. Mikrogolf by hoog vir 5 minute. Dreineer en voeg die botterskorsie by die uiemengsel.
  3. Voeg die oorblywende bestanddele by en meng liggies.
  4. Verdeel die mengsel in vier dele en skep dit in die middel van elke langwerpige rolvorm.
  5. Keer versigtig om. Sny 3 cm-happiegroottes en rangskik op die voorbereide bakplaat.

BOLAAG

  1. Verf melk bo-oor die happies en strooi pampoenpitte en papawersaad bo-oor.
  2. Bak vir 10 minute, verminder die hitte tot 180 °C en bak vir nog 10-15 minute tot goudbruin.

Bron: 50 Beste gebak uit Vrouekeur deur Marlo Carstens

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.