Soorte resepte:

Resep: Botterkaramel-gemmerroompies

Botterkaramel-gemmerroompies (Foto: Lapa-uitgewers)

Soet en bros koekies met net ʼn tikkie gemmer, water jou mond al?

Bestanddele

  • 250 g (280 ml) botter
  • 110 g (125 ml) sagte bruinsuiker
  • 255 g (455 ml) koekmeelblom, gesif
  • 10 ml gemaalde gemmer

VULSEL

  • 30 g botter
  • 15 ml bruinsuiker
  • 15 ml room
  • 170 g (250 ml) versiersuiker

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °
  2. Klop die botter en suiker saam tot lig en romerig.
  3. Roer die meel en gemmer by en meng goed.
  4. Skep die mengsel in ʼn spuitsak met ʼn 2 cm-sterspuit en spuit sterre of rosette, 2,5 cm in deursnee ongeveer 3 cm uitmekaar, op ʼn gesmeerde bakplaat.
  5. Bak vir ongeveer 10 minute of tot goudbruin. Laat op die bakplate afkoel.

VULSEL

  1. Meng die botter en bruinsuiker in ʼn kastrolletjie en smelt oor lae hitte tot die suiker opgelos is.
  2. Voeg die room by en roer tot glad. Verwyder van die hitte en roer die versiersuiker geleidelik by. Laat afkoel.
  3. Plak die koekies twee-twee met die vulsel op mekaar en sif versiersuiker bo-oor.

Bron: 101 Kleinkoekies

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

izette ·

Hallo…wie gaan bak?????? ek sal die koffie bring….hahaha:):)

N.Tredoux ·

O dit lyk uit die boonste rakke! Baie van julle resepte skryf ek neer en dit is gunstelinge. Baie dankie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.