Soorte resepte:

Resep: Broodrolletjies

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: James Coleman/Unsplash)

Dit is altyd goed om ʼn betroubare broodrolletjie-resep in die argief te hê.

Lewer 10-12 broodrolletjies

Bestanddele

  • 5 x 250 ml koekmeel
  • 1 x 10 g-pakkie kitsgis
  • 10 ml (2 t) sout
  • 250 ml (1 k) louwarm water
  • 60 ml (4 e) gouestroop
  • 80 ml gesmelte botter
  • 250 ml (1 k) koue water

Metode

  1. Meng die meel, gis en sout saam in ʼn mengbak. Hou eenkant.
  2. Meng die louwarm water, gouestroop en gesmelte botter saam. Voeg die koue water by en meng goed.
  3. Meng die vloeistof deur die meelmengsel tot ʼn deeg vorm. Knie die deeg tot dit sag en elasties is.
  4. Smeer die binnekant van ʼn mengbak met ʼn bietjie olie en plaas die deeg in die bak. Smeer ʼn bietjie olie oor die deeg. Bedek die bak met kleefplastiek en laat vir ongeveer 1 uur op ʼn warm plek rus sodat dit tot dubbel die volume kan rys.
  5. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ʼn oondpan.
  6. Knie die deeg af en vorm broodrolletjies. Rangskik die rolletjies in die voorbereide oondpan en los dit om weer te rys tot dubbel die volume.
  7. Verf ʼn bietjie melk oor en bak dit vir 40-45 minute tot goudbruin en gaar.

Bron: 50 Sop- en broodgeregte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.