Soorte resepte:

Resep: Brosbroodskywe met sjokolade en haselneut

Brosbroodskywe met sjokolade en haselneut (Foto: Lapa-uitgewers)

Haselneute maak enige koekie lekkerder en mooier!

Bestanddele

  • 150 g (170 ml) botter
  • 85 g (125 ml) versiersuiker
  • 80 ml haselneute, gemaal
  • 170 g (310 ml) koekmeelblom, gesif
  • 50 g donkersjokolade, gesmelt
  • 80 g witsjokolade, gesmelt

Metode

  1. Voorverhit oond tot 150 °
  2. Smeer ʼn vlak 21 cm ronde pan (soos vir quiche) met margarien.
  3. Klop botter en versiersuiker saam tot lig en romerig.
  4. Voeg neute by en meng goed.
  5. Vou die meel in en meng goed.
  6. Druk die mengsel goed vas in die pan en maak die oppervlak gelyk. Sny dit met ʼn skerp mes in 16 wiggies.
  7. Bak vir 35-40 minute of tot ligbruin. Laat dit in die pan afkoel. Sny weer deur.
  8. Verwyder dit versigtig en spuit ʼn donkersjokoladestrepie in die middel van elke wiggie. Laat dit stol en spuit dan met wit sjokolade ʼn sigsagpatroon bo-oor die donkersjokoladestreep. Laat stol.
  9. Rol die deeg uit en druk vormpies uit soos verkies. Versier met sjokolade en gekapte haselneute.

Bron: 101 Kleinkoekies

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

wilma ·

Ek is nie ‘n goeie bakster nie en wil net weet of die gebak nie gaan krummel as jy dit na ‘n baktyd van bykans 40 minute weer uitrol en vormpies sny nie?

Anne ·

ek dink wat hulle bedoel is…OF jy kan die deeg uitrol en vormpies uitdruk en dit dan bak. Dit is hoe ek dit gelees het. Hoop dit help.

Hermann ·

Waar kan mens in SA brasiliaanse neute kry? Lyk my dit is so skaars soos hoendertande.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.