Soorte resepte:

Resep: Bruismeelbroodjie

ʼn Lekker broodjie vir jou sop.

Lewer 1 brood

Bestanddele

  • 750 ml (3 k) bruismeel
  • 15 ml (1 e) sout
  • 90 g koue botter, in blokkies gesny
  • 125 ml (½ k) melk
  • 125 ml (½ k) water

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 230 °C en smeer ’n bakplaat.
  2. Sif die bruismeel en sout saam in ’n groot mengbak.
  3. Vryf die botter by die meel in tot dit soos fyn broodkrummels lyk.
  4. Meng die melk en water in ’n maatbeker.
  5. Maak ’n holte in die middel van die droë bestanddele en voeg die vloeistof by. Sny die vloeistof by die droë bestanddele in en keer die deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak.
  6. Knie die deeg tot glad en elasties en plaas dit op die voorbereide bakplaat. Druk die deeg in ’n plat sirkel met ʼn deursnee van ongeveer 15 cm.
  7. Sny twee gleuwe van ongeveer 1 cm diep oorkruis in die bokant van die brood. Verf ’n bietjie melk oor die brood en sif ’n bietjie meel oor.
  8. Bak vir 10 minute tot goudkleurig. Verminder die temperatuur tot 180 °C en bak die brood vir ’n verdere 15 minute.

Bron: 50 sop- en broodgeregte

Uitgewers: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Dorothy ·

Baie dankie vir die Resep. Ek soek al lankal so maklike broodjie sonder gis wat moet rys.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.