Die lekkerste ontbyt!
Lewer 10-12 muffins
Bestanddele
- 100 g Clover Mooirivier-botter
- 200 ml suiker
- 2 e (30 ml) kitskoffiepoeier
- 2 eiers
- 250 ml Clover-suurroom
- 1 t (5 ml) vanieljegeursel
- 2 k (500 ml) koekmeel
- 1 ml sout
- 1 ml koeksoda
- 1 t (5 ml) bakpoeier
- 50 ml sjokoladevlokkies
OM VOOR TE SIT
- Clover Mooirivier-botter
- Clover Amasi
- Clover-roomkaas
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Klits die botter, suiker en koffiepoeier saam tot glad. Voeg die eiers by en klits goed. Klits dan die suurroom en geursel by.
- Voeg die meel, sout, koeksoda, bakpoeier en sjokolade by die bottermengsel en meng net totdat die droë bestanddele bygemeng is. Skep eweredige hoeveelhede van die beslag in ’n gesmeerde muffinpan en bak vir 20 minute of tot goudbruin.
- Laat die muffins in die pan afkoel en verplaas dan na ’n afkoelrak.
- Bedien sommer net so of met botter, Amasi of roomkaas.
Bron: Teepartytjie
Uitgewer: Lapa