Soorte resepte:

Resep: Deon se spek-en-kaas-potbrood

Deon se spek-en-kaas-potbrood (Foto: Verskaf)

Maroela Media-leser Deon Kapp het onder aanmoediging van sy vriende besluit om sy eie mengsel vir ʼn lekker tuisgebakte brood om die braaivleisvuur te maak en dit was ʼn groot sukses.

Dié potbrood is nou ʼn móét elke keer as die vriende saam braai.

“Al wat jy nou kort, is ʼn mes, lekker botter en braaivleis,” sê Kapp.

Bestanddele

  • 4 k bruismeel
  • 2 t sout
  • 2 e suiker
  • 1 pakkie gis
  • louwarm water vir knie
  • 400 g kaas, gerasper
  • 250 g spek
  • 15 ml pietersielie

Metode

  1. Meng die bruismeel, sout, suiker en gis en gooi water bietjie-bietjie by om ʼn lekker deeg te vorm.
  2. Knie nou sowat 100 g kaas en drie velle gesnipperde spek in.
  3. Plaas die deeg in ʼn bak wat jy met ʼn vadoek bedek en laat dit rys tot dit in grootte verdubbel het.
  4. Smeer ʼn pot goed en plaas die deeg daarin. Sprinkel die res van die kaas bo-oor en pak die res van die heel spek velle oor die deeg.
  5. Laat die deeg vir nog 10-15 minute rus.
  6. Plaas die deksel op en bak oor die kole. Plaas ook ʼn paar warm kole bo-op die deksel sodat daar lekker hitte om die pot is. Wanneer jy die brood begin ruik, is dit gereed.

Variasie: Bak die brood in die oond vir 40-45 minute teen 180 °C.

Het jy ’n lekker resep wat jy met ons kan deel? Stuur dit vir ons hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.