Soorte resepte:

Resep: Douwe Egberts se smullekker ‘brownies’

Douwe Egberts se smullekker ‘brownies’. (Foto: verskaf)

Geniet hierdie heerlike ‘brownies’ saam met jou volgende koppie koffie.

Bestanddele

  • 230 g botter, gesmelt
  • 400 g suiker
  • 4 eiers
  • 2 t vanieljegeursel
  • 140 g meel
  • 2 t Douwe Egberts Pure Indulgence, opgehoop
  • 60 g kakaopoeier
  • knippie sout
  • ½ t bakpoeier

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 175 °C.
  2. Smeer ’n kleefvrye bakpan vet.
  3. Plaas die gesmelte botter en suiker in ’n bak en meng goed.
  4. Voeg die eiers en vanieljegeursel by.
  5. Sodra dit goed gemeng is, sif die droë bestanddele van meel, Douwe Egberts-koffie, kakaopoeier, sout en bakpoeier saam.
  6. Vou die bestanddele sorgvuldig in tot gemeng. Wees versigtig om dit te veel te meng, dit sal ’n uitwerking op die tekstuur van jou brownies hê.
  7. Versprei die mengsel in die pan en plaas in die oond vir 20-30 minute. Indien jy van fermer brownies hou, kan jy dit vir ’n kort wyle langer in die oond hou.
  • Die resep is deur die koffiehandelsmerk Douwe Egberts verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.