Soorte resepte:

Resep: Energiestafies

Energiestafies

Energiestafies vir die kosblik. Foto: Lekker&vinnig Kosblikkos/Lapa.co.za

Lewer 20 tot 24 vingers, afhangende van grootte.

Bestanddele:

  • 125 ml margarien
  • 125 ml bruinsuiker
  • 1x 397 g-blik kondensmelk
  • 250 ml hawermout
  • 250 ml klapper
  • 250 ml sultanas, gekap
  • 60 ml korente
  • 250 ml pofrys (byvoorbeeld Rice Crispies)
  • 250 ml semelontbytvlokkies (byvoorbeeld All Bran)
  • 125 g donker sjokolade, gesmelt

Metode:

  1. Smeer ‘n bakplaaat van 20 cm x 30 cm.
  2. Roer die margarien, suiker en kondensmelk oor ‘n lae hitte in ‘n kastrol tot die botter gesmelt en die suiker heeltemal opgelos het.
  3. Verhit die mengsel tot kookpunt en laat dit vir 10 minute stadig prut. Roer aanhoudend, wat dit brand maklik.
  4. Verwyder dit van die hitte en roer die res van die bestanddele, behalwe die sjokolade, by en meng deeglik.
  5. Druk die mengsel in die gesmeerde pan en laat dit afkoel.
  6. Sny dit in vingers en doop die onderkante in die gesmelte sjokolade. Pak die vingers op waspapier en laat dit hard word. Bêre dit in ‘n lugdigte houer.

Bron:

Lekker & Vinnig Kosblikkos deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elizabeth ·

Klink lekker, maar soos ek myself nou ken, sou ek die kondensmelk heerlik uit die blikkie gesuig het voor ek kon begin! Ai en nou deesdae maak meeste blikkies met so ringetjie-storie oop en kan mens nie meer lekker gaatjies inkap en teruglê en jouself naar drink nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.