Soorte resepte:

Resep: Fluweelpoeding

Fluweelpoeding (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Lekker warm gebakte poeding vir die winter.

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 90 ml (6 e) koekmeel
  • 60 ml (4 e) suiker
  • 125 ml (½ k) volroommelk
  • 625 (2 ½ k) volroommelk
  • knippie sout
  • 4 eiergele
  • 45 ml (3 e) botter
  • 2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
  • 30 ml (2 e) fyn appelkooskonfyt

MERINGUELAAG

  • 4 eierwitte
  • 45 ml (3 e) suiker

Metode

  1. Voorverhit die oond toto 180°C en smeer ʼn oondvaste bak van 18 cm x 14 cm met botter of spuit met kossproei.
  2. Meng die koekmeel, suiker en die ½ k volroommelk tot ʼn pasta vorm. Hou eenkant.
  3. Verhit die 2 ½ k volroommelk en sout in ʼn groot kastrol tot kookpunt.
  4. Roer die warm melk vinnige met ʼn draadklitser en voeg die meelmengsel by terwyl jy dit aanhoudend roer.
  5. Verlaag die stoofplaat se hitte. Klits die eiergele tot gemeng en voeg dit dan by die warm gekookte melkmengsel terwyl dit vinnig geroer word. Laat dit vir 2 minute oor baie lae hitte kook.
  6. Skep die melkmengsel in die voorbereide oondbak.
  7. Skep klein bietjies van die appelkooskonfyt bo-oor die melkmengsel.

MERINGUELAAG

  1. Klits die eierwitte tot sagtepuntstadium en voeg die suiker bietjie op ʼn slag by terwyl aanhoudend geklits word.
  2. Klits die meringue tot styf, blink en glansend. Skep dit bo-op die poeding en maak punte met die meringue.
  3. Bak vir 15 minute of tot die meringue liggoudbruin is en sit warm voor.

Bron: Beste uit Vrouekeur: 50 gesinsresepte no. 3 deur Marlo Carstens

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.