Soorte resepte:

Resep: Gebakte blomkool

Foto: Huisgenoot Wenresepte 1

Foto: Huisgenoot Wenresepte 1

‘n Mens kan die blomkool deur broccoli vervang en ook kaas tussen die lae krummels en groente plaas.

Lewer 4 – 6 porsies

Bestanddele:
500 – 600 g blomkool, in stukke gebreek
4 – 5 snye witbrood
100 – 200 ml fyngesnyde preie
2 eiers
500 ml kookmelk
2 ml sout
knippie peper
5 ml neutmuskaat
100 g (250 ml) gerasperde cheddarkaas
klontjies botter of margarien

Metode:
1. Voorverhit die oond tot 180°C (350°F). Smeer ʼn diep soufflébak.
2. Kook die blomkool in soutwater tot sag. Laat goed dreineer.
3. Sny die brood se korsies af en krummel die snye grof.
4. Skep beurtelings broodkrummels, preie en blomkool in lae in die soufflébak.
5. Klits die eiers, melk, sout, peper en neutmuskaat saam tot dit skuim en giet bo-oor.
6. Strooi die kaas oor en stip met botter of margarien.
7. Laat minstens 1 uur lank staan.
8. Bak sowat 50 minute lank.

Hierdie resep is oorspronklik gepubliseer in Huisgenoot Wenresepte 1
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R285-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Louise Hoy ·

Oe ek het hierdie blomkool gereg gemaak en dit is verskriklik lekker.
Maak net seker ju dryneer die blomkool baie goed.
Ek het ook die preie gehad nie, maar dit was net so lekker sonder die preie.
Probeer dit gerus. Dis ‘n netjiese dis en kan mooi lyk op die Sondagmiddag tafel.

Groetnis
Louise

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.