Soorte resepte:

Resep: Gebakte marmerkaaskoek

Gebakte marmerkaaskoek (Foto: Verskaf)

Daar is min goed so lekker soos ʼn stuk varsgebakte kaaskoek saam met jou gunsteling warm drankie.
Lewer 1 groot koek.

Bestanddele

KORS

  • 400 g (2 pakke) Tennisbeskuitjies, fyn gemaak
  • 150 ml gesmelte botter

VULSEL

  • 385 g (1 blik) kondensmelk
  • 125 ml suurlemoensap
  • 500 g gladde maaskaas
  • 3 eiers
  • 60 ml suiker
  • 30 ml vlapoeier
  • 250 ml room, verkoel en styf geklits
  • 75 ml kakao
  • 45 ml koue water
  • bessies vir versiering

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 160 °C. Smeer ’n 24 cm-losboompan deeglik met botter.

KORS

  1. Meng die beskuitjiekrummels en botter en druk dit op die bodem en teen die kante van die pan vas. Bedek dit met kleefplastiek en verkoel.

VULSEL

  1. Klits die kondensmelk en sap tot dik. Klits die maaskaas, eiers, suiker en vlapoeier by. Vou die room in en skep een derde van die mengsel in ’n ander bak.
  2. Meng die kakao met die water tot ’n gladde mengsel en roer dit by die kleiner hoeveelheid vulsel. Skep die wit mengsel in die pan en skep lepelsvol kakaomengsel bo-op. Trek met ’n sosatiestokkie die kakaomengsel in patrone deur die wit mengsel om ’n marmer-effek te gee.
  3. Bak dit 1 uur of tot net gestol. Al is die kaaskoek nog effens sag in die middel sal dit verder stol soos dit afkoel, moet dit dus nie te lank bak nie.
  4. Skakel die oond af en laat die deur oopstaan. Laat die kaaskoek ’n rukkie lank so afkoel. Haal dit uit en laat dit heeltemal afkoel. Verkoel dit oornag.
  5. Verwyder die ring van die pan versigtig en plaas die koek op ’n koekbord. Versier dit met bessies.

Resep: Spogresepte van die Suid-Afrikaanse Vroue-Landbou-unie deur Heleen Meyer

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.