Soorte resepte:

Resep: Gebakte sagopoeding

Gebakte sagopoeding (Foto: Verskaf)

Sagopoeding is gemaak vir die winter.

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 1 liter (4 k) Clover-volroommelk
  • 187 ml (¾ k) suiker
  • 2 ml sout
  • 250 ml (1 k) sago
  • 60 ml (4 e) Clover Mooi River-botter
  • 4 eiers, geskei
  • 5 ml (1 t) vanieljegeursel
  • ekstra Clover Mooi River-botter
  • gouestroop of appelkooskonfyt

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Verhit die melk, suiker en sout saam tot kookpunt. Roer die sago by.
  3. Verlaag die hitte en kook oor lae hitte vir 20 minute of tot die sago deurskynend is. Roer af en toe.
  4. Verwyder die kastrol van die hitte en roer die botter by. Laat effens afkoel.
  5. Klits die eiergele en vanieljegeursel saam en roer vinnig by die melkmengsel in.
  6. Klits die eierwitte met ’n elektriese klitser tot styf en vou by die sagomengsel in.
  7. Smeer ’n oondvaste bak van 20 cm x 30 cm goed met botter.
  8. Skep die sagomengsel in die oondbak. Maak dit gelyk bo-op.
  9. Bak vir 25 minute of tot liggoudbruin bo-op.
  10. Sit warm voor saam met gouestroop of appelkooskonfyt.

Bron: Trooskos

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.