Soorte resepte:

Resep: Gebakte sjokoladekaaskoek

gebakte-sjokoladekaaskoek

Foto: Lekker en Vinnig

(Uit: Beste uit Vrouekeur 1, Marlo Carstens)

Lewer 1 koek

Bestanddele:

Kors

  • 200 g (1 pakkie) Romany Creams
  • 50 g (1/2 pakkie) pekanneute
  • knippie fyn kaneel
  • 100 g botter, gesmelt

Vulsel

  • 4 ekstragroot eiers
  • 125 ml strooisuiker
  • 30 ml sjokoladeroomlikeur (soos Nachtmusik)
  • 200 g (1 groot plak) donkersjokolade, in blokkies gebreek
  • 75 ml kakao
  • 30 ml koekmeel
  • 250 g (1 bakkie) gladde maaskaas
  • 500 g (2 bakkies) roomkaas
  • 5 ml vanieljegeursel

Sjokoladesuurroomlaag

  • 200 g (1 groot plak) donkersjokolade, in blokkies gebreek
  • 185 ml suurroom

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 160°C. Spuit ‘n 22 cm-losboomkoekpan met kossproei.

Kors

  1. Verwerk die Romany Creams, pekanneute en kaneel saam in ‘n voedselverwerker tot fyn.
  2. Voeg die gesmelte botter by en meng. Druk dit op die bodem van die pan vas.

Vulsel

  1. Klits die eiers en strooisuiker tot liggeel. Roer die likeur by.
  2. Smelt die sjokolade teen 30% krag (ontdooi) in die mikrogolfoond of in ‘n dubbelkastrol. Roer die gesmelte sjokolade by die eiermengsel.
  3. Sif die kakao en koekmeel saam in ‘n mengbak. Roer die maaskaas by tot goed gemeng. Roer die roomkaas by.
  4. Roer die room-en-maaskaas-mengsel by die eiermengsel.
  5. Roer laastens die vanieljegeursel by en skep dit in die voorbereide kors.
  6. Bak dit ‘n uur lank. Sit die oond af, maak die oonddeur halfpad oop en laat die kaaskoek ‘n halfuur lank daarin afkoel.
  7. Haal dit uit en laat heeltemal afkoel. Verwyder die koekpan en plaas die koek in die yskas.

Sjokoladesuurroomlaag

  1. Mikrogolf die sjokolade en suurroom saam teen 30% krag (ontdooi) of verhit in ‘n
  2. dubbelkastrol tot die sjokolade gesmelt is. Laat afkoel en plaas in die yskas tot heeltemal afgekoel.
  3. Klop dit met ‘n houtlepel tot pofferig.
  4. Skep die sjokoladesuurroomlaag oor die kaaskoek en sit voor.

Bron: Lekker & Vinnig
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.