Soorte resepte:

[Resep] Geroomde soetmieliegebak

Foto: Gunsteling Braairesepte

Geroomde soetmieliegebak. Foto: Gunsteling Braairesepte

Die maklikste resep vir die heerlikste soetmieliegebak – perfek vir ‘n braai.

Genoeg vir  6-8

Bestanddele:

  • 3 eiers
  • 80 ml suiker
  • 45 ml koekmeel
  • sout en varsgemaalde peper
  • ½ k volroommelk
  • ½ k Clover-room
  • 60 ml gesmelte Clover Springbok-botter
  • 450 g mieliepitte
  • 1 rooi brandrissie, ontpit en fyngekap
  • 1 k  vars wit broodkrummels
  • 125 ml gerasperde Clover-cheddarkaas
  • 2 ml rooipeper

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ʼn 1 liter oondvaste bak met botter.
  2. Plaas die suiker en meel in ʼn groot bak. Klits die eiers, melk, room en gesmelte botter saam in ʼn beker. Meng die nat bestanddele met die meelmengsel en roer daarna die mielies en brandrissies deur.
  3. Skep die mengsel in die voorbereide oondbak. Meng die broodkrummels, kaas en rooipeper, en strooi dit oor die mieliemengsel.
  4. Bak vir 30-35 minute of tot boonste laag goudbruin is.

Bron: Clover gunsteling braairesepte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Lucas ·

So ek neem aan as jy nie Clover gebruik nie sal die resep baie sleg smaak?

Anton ·

Hierdie is ń betaalde advertensie.
Ek gaan die resep probeer met Parmalat:)

Sune van Heerden ·

Dagsê Lucas

Die resep is oorspronklik gepubliseer in Clover se Clover gunsteling braairesepte-boek, uitgegee deur Lapa.
Die resep verwys dus uiteraard spesifiek na Clover-produkte, maar jy is welkom om ook ander soortgelyke produkte te gebruik.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Karin ·

Clover is in elk geval die beste – en nee, ek werk nie vir hulle nie, ek is net kieskeurig oor wat ek eet!

Ansie Geldenhuys ·

Ken hierdie gereg. Re!sep is baie aanpasbaar en altyd gewild. Dankie Maroela, Al bietjie vergeet!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.