Soorte resepte:

Resep: Gesonde sjokolade-splinterkoekies

Gesonde sjokolade-splinterkoekies (Foto: Lapa-uitgewers)

Hierdie koekies is ʼn moet vir die vakansie!

Lewer 12-15 koekies

Bestanddele

  • 300 g amandelmeel
  • 50 ml amandelskaafsels
  • 50 g sesamsaad
  • 100 g bosbessies
  • 1 t fyn kaneel
  • 1 t sout
  • 200 g amandelbotter
  • 5 e rou heuning
  • 2 t vanieljegeursel
  • 100 g suiwelvrye, suikervrye sjokolade, in stukkies gebreek

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °
  2. Spuit ʼn bakplaat met kossproei en besprinkel met amandelmeel. (Jy kan ook bakpapier gebruik.)
  3. Meng al die bestanddele behalwe die sjokoladestukke saam tot ʼn egalige, stewige deeg. Meng laastens die sjokolade in.
  4. Neem ʼn opgehoopte eetlepel deeg, rol dit in ʼn balletjie, plaas dit op die bakplaat en druk plat met ʼn vurk. Herhaal tot al die deeg op is.
  5. Bak die koekies vir 12-15 minute.
  6. Bedruip met ekstra heuning en besprinkel met amandelmeel sodra dit uit die oond kom.
  7. Laat afkoel en bêre in ʼn lugdigte houer in die yskas.

Bron: Karlien kan nie kook nie deur Karlien van Jaarsveld en Izelle Hoffman

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.