Soorte resepte:

Resep-video: Gesonder hawermoutkoekies

Gesonder hawermoutkoekies (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Geen verfynde suiker, botter of meel.

Lewer sowat 14 koekies
Bestanddele

  • 2 ryp piesangs, fyngedruk
  • 4 e heuning
  • 2 e grondboontjiebotter, teen kamertemperatuur
  • knippie sout
  • 2 k hawermout

Opsioneel

  • sjokoladesplinters (suikervry, indien beskikbaar)
  • 1 t versoeter

Metode

  1. Meng die piesang, heuning, grondboontjiebotter en sout tot glad. (Opsioneel: Meng die versoeter ook by.)
  2. Meng die hawermout in. Vorm balletjies van die beslag met jou hande en plaas op voorbereide bakplaat.
  3. Druk die balletjies plat. (Opsioneel: Sprinkel sjokoladesplinters oor of meng dit vooraf by die beslag in.)
  4. Bak vir 15 minute teen 180 °C.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.