Soorte resepte:

Resep: Gis- en eiervrye brood

Foto net ter illustrasie (Foto: Pixabay)

Het jy dringend brood nodig, maar jy kan nie by die winkel uitkom nie? Probeer gerus dié maklike 4-bestanddeel-broodresep.

Lewer 10 snye

Bestanddele

  • 500 g meel (gewone koekmeel, nie brood- of volgraanmeel nie)
  • 2 t bakpoeier
  • 1 t sout
  • 310 ml melk (kyk wenk onderaan resep)

Metode

  1. Verhit die oond tot 210 °C. Plaas ʼn bakplaat of broodklip in die oond om te verhit.
  2. Meng die droë bestanddele. Roer die melk by en meng die bestanddele totdat dit ʼn deeg vorm.
  3. Keer die deeg uit op ʼn werkoppervlak en knie die deeg tot glad en elasties.
  4. Vorm die deeg in ʼn ronde skyf wat ongeveer 3 cm dik is. Sny twee gleuwe diep oorkruis in die bokant van die brood. Dit is belangrik! Moenie ʼn ronde bol deeg vorm nie, want dit bak nie in die middel nie.
  5. Bak ongeveer 35 minute op die warm bakplaat of broodklip tot ligbruin. As dit gereed is, moet dit hol klink as jy op die bodem klop.

WENK: As jy nie melk het nie, kan jy dit met poeiermelk vervang, jogurt en water meng, of water gebruik met ʼn lepel olie of gesmelte botter.

Bron: Fuss Free Flavours

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Skuilnaam

Wat virre ding is ‘n broodklip?