Lewer twee lae van 20 cm in deursnee of drie van 15 cm in deursnee.
Bestanddele
- 250 ml (1 k) grondboontjiebotter
- 125 ml (½ k) sagte botter
- 500 ml (2 k) bruinsuiker
- 3 eiers
- 625 ml (2½ k) bruismeel
- 1 ml (¼ t) sout
- 312 ml (1¼ k) melk
- 5 ml (1 t) koeksoda
- 10 ml (2 t) vanieljegeursel
- 10 ml (2 t) asyn
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 °
- Klits die grondboontjiebotter, botter en suiker saam. Klits die eiers by.
- Sif die bruismeel en sout saam.
- Meng die melk, koeksoda en vanieljegeursel. Voeg dit by die meel en meng.
- Voeg die grondboontjiebotter-mengsel by. Roer die asyn by.
- Skep die beslag in gesmeerde koekpanne en bak dit in die voorverhitte oond – ongeveer 25 tot 27 minute vir die 20 cm-lae en 23 tot 25 minute vir die 15 cm-lae. Toets met ʼn toetspen vir gaarheid. As dit gaar is, sal die toetspen skoon uitkom, anders moet dit nog ʼn paar minute bak.
- Laat dit effens afkoel in die panne. Keer dit dan op draadrakkies uit om heeltemal af te koel voordat dit versier word.
Wenk: Met dié resep kan jy ook heerlike kolwyntjies maak.
Bron: Bak dit self deur Marlene Schoeman
Uitgewer: Lapa