Soetkors
(Maak 8 dosyn doppies)
Bestanddele:
4 k meelblom
250 g margarien
1 k suiker
3 t gelyk bakpoeier
1 e vlapoeier
2 eiers
1 t sout
Metode:
1. Room suiker, botter en eiers.
2. Meng die droë bestanddele met jou hande in die bottermengsel
3. Plaas in plastieksak om klam te bly.
Klappervulsel:
7 k klapper
125 g margarien
2 t vanilla
2 k suiker
8 groot eiers
knippie sout
Metode:
1. Room botter en suiker.
2. Voeg eiers, vanilla en sout by.
3. Laaste die klapper.
Hertzoggies:
1. Gebruik voormelde soetkors. Rol uit tussen plastiek.
2. Gebruik middelslag afdrukkertjie – 6 cm.
3. Plaas in gesmeerde kolwyntjiepanne.
4. Sit ‘n half t appelkooskonfyt in holte van deeg.
5. Sit klappervulsel bo-oor.
6. Die konfyt moet heeltemal toe wees.
7. Bak teen 180°C totdat deeg ligbruin is.
Resep: Joey Pienaar
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636