Soorte resepte:

Resep: Hoe om rissoles te maak

Rissoles. (Foto: Lapa Uitgewers)

Hierdie versnapering laat beslis die mond water.

Bestanddele

Pasteideeg

  • 300 ml water
  • 100 ml melk
  • 15 g botter
  • 2 ml sout
  • 250 g koekmeel, gesif

Om rissoles te maak

  • 2 eierwitte, liggies geklop
  • 100 g gedroogde broodkrummels
  • vulsel van jou keuse

Metode

Pasteideeg

  1. Plaas die water, melk, botter en sout in ʼn kastrol en bring tot kookpunt.
  2. Haal dit van die stoof af sodra dit kook en meng die meel in.
  3. Kook weer verder oor matige hitte en roer aanhoudend met ʼn houtlepel tot die meel gaar is. Hou aan met roer totdat die deeg van die kastrol se wande af wegtrek. Dit sal ongeveer 5 minute neem.
  4. Haal van die stoof af en gaan voort om die deeg te bewerk totdat dit glad is. Laat staan om af te koel.

Om rissoles te maak

  1. Rol die rissoledeeg uit tot 3 mm dik.
  2. Gebruik ʼn sirkelsnyer van 5-9 cm in deursnee, sny die sirkels uit en plaas ʼn opgehoopte eetlepel vulsel in die middel.
  3. Maak die kante van die deeg met ʼn bietjie geklopte eier nat en vou in die helfte. Maak seker dat jy enige lug wat binne-in vasgevang word uitwerk.
  4. Doop elke rissole in geklopte eierwit en dan in die broodkrummels. Plaas sowat 2 ure lank in die yskas voordat jy dit braai.
  5. Diepbraai die rissoles in warm groente-olie tot goudbruin en bros.

Bron: Die Suid-Afrikaanse Vis- en Seekoskookboek
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Karoo ·

Met die lug braaier in die kombuis…. diep braai ons niks meer nie.

domheks ·

Verf net met olie en braai in lugbraaier! Minder olie en minder vetterig.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.