Soorte resepte:

Resep: Hoender-en-groentepastei

Hoender-en-groentepastei (Foto: Lapa Uitgewers)

Geniet hierdie smaaklike pastei wanneer die honger weer tref.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

Vulsel

  • 8 hoenderborsies
  • 2 hoenderaftrekselblokkies
  • 2,5 ml sout
  • knippie varsgemaalde swartpeper
  • knippie droë tiemie
  • 2,5 ml droë pietersielie
  • 400 g (1 blik) hoenderroomsop
  • 250 ml dubbeldikroom
  • 375 ml bevrore gemengde groente

Kors

  • 375 ml koekmeel
  • 7,5 ml bakpoeier
  • 5 ml mosterdpoeier
  • 15 ml gekapte vars pietersielie
  • 2,5 ml sout
  • knippie varsgemaalde swartpeper
  • 45 ml sagte botter
  • 60 ml melk
  • 1 ekstragroot eier
  • 410 g (1 blik) geroomde mielies

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.

Vulsel

  1. Kook die hoenderborsies saam met die hoenderaftrekselblokkies in genoeg water vir ongeveer 15 minute vandat dit begin borrel het of tot gaar. Dreineer en kap in blokkies.
  2. Meng die sout, peper, tiemie, pietersielie, sop, room en groente. Skep die groentemengsel saam met die hoender in ʼn diep oondbak.

Kors

  1. Meng die meel, bakpoeier, mosterdpoeier, pietersielie, sout en peper. Vryf die botter by die meelmengsel in tot dit soos broodkrummels lyk.
  2. Klits die melk en eier en roer die mielies by. Meng die mieliemengsel by die meelmengsel tot ʼn deeg vorm.
  3. Skep die deeg bo-op die hoender en bak vir 40 minute of tot goudbruin.

Bron: Lekker & Vinnig: Hoender
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.