Soorte resepte:

Resep: Kaasbeskuitjies

Kaasbeskuitjies (Foto: Gerrit Steyn)

Maroela Media-leser Gerrit Steyn het vir ons hierdie maklike happie met slegs vyf bestanddele gestuur!

Lewer ongeveer 62 klein koekies.

Bestanddele

  • 225 g gerasperde Cheddarkaas
  • 4 e sagte botter
  • 1 t sout
  • 125 g koekmeel
  • 2 e yswater

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Gebruik ʼn elektriese menger en klits die gerasperde kaas, botter en sout tot bestanddele goed gebind het. Meng die koekmeel by.
  3. Voeg die yswater by, een eetlepel op ’n slag. Die deeg behoort gebind te wees, maar tog te verkrummel as jy dit in jou hand sou breek. As dit te droog is, voeg nog yswater by.
  4. Verdeel die deeg in twee dele en druk elke deel plat, die grootte van ’n piering.
  5. Draai dit dan afsonderlik toe in waspapier en plaas dit vir 30 minute in yskas.
  6. Rol die deeg uit tot ½ cm dik.
  7. Gebruik ’n klein glasie om die koekies uit te druk.
  8. Pak die koekies op ’n gesmeerde bakplaat so ongeveer 1 cm uitmekaar.
  9. Druk nou met die agterkant van ’n sosatiestokkie ’n gaatjie in die middel van die koekie. Beweeg dit so effe in die rondte om die gaatjie groter te maak. (Die gaatjie is vir ventilasie terwyl dit bak).
  10. Bak vir 13 minute tot goudbruin. Indien nodig (as die agterkant nog te lig is) draai dan om en bak ’n verdere 4 minute.
  11. Laat dit eers afkoel voor opdiening.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Adri ·

Lyk baie lekker. Maar dit is nie beskuitjies nie, dit is koekies!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.