Soorte resepte:

Resep: Kaaspoeding

Kaaspoeding (Foto: Lapa-uitgewers)

“Dis nie regtig ʼn poeding nie, maar ek bedien dit saam met ingelegde of gestoofde vrugte vir gaste wat nie gaande is oor soet nagereg nie,” skryf Francois Ferreira in sy resepteboek Koskaskos.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 600 ml melk
  • 75 g vars broodkrummels
  • 175 g beleë Cheddar-, Edam- of Pecorinokaas, gerasper
  • 10 ml Dijon‑mosterd
  • 4 eiers, geskei
  • sout en witpeper na smaak

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ʼn 1,5 ℓ oondvaste bak.
  2. Verhit die melk tot kookpunt en roer dan die broodkrummels en kaas deur. Klits die eierwitte tot sagtepuntstadium. Vou in drie sarsies by die broodmengsel in.
  3. Skep die mengsel in die oondvaste bak en bak vir 30-45 minute tot goudbruin en gestol.

Bron: Koskaskos deur Francois Ferreira

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.