Voor jy met Nuwejaarsvoorneme begin, proe eers dié vir oulaas…
Bestanddele:
- 2 k koekmeel
- ½ k botter
- ½ k warm water
- 2 eiers
- 1 t kremetart
- 1 t koeksoda
- 1 ½ k suiker
- ¼ k kakao
- ½ – 1 k karringmelk
- 1 t vanielje-essens
- ʼn knypie sout
Metode:
- Voorverhit die oond tot 180 °C. Sif die droë bestanddele saam.
- Klop die botter en suiker tot room.
- Voeg die goedgeklitste eiers by en dan die kakao gemeng met warm water.
- Voeg die droë bestanddele om die beurt met melk by. Voeg die vanielje by.
- Bak vir dit 20 tot 30 minute (of langer). Verdubbel die bestanddele vir ʼn groot koek.
Bron: Skottel en Spens
Uitgewer: Duto Media
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Die koek lyk heerlik, nou moet maroela net n lekker versiering (icing) reseppie vir ons plaas om die koek mee af te rond.
Gits my kommentaar wat ek geplaas het, her erens in die mis verdwyn – ek se maar net baie DANKIE Maroela Media vir die heerlike resepte! Stem saam met SNEL – sal ‘n versiersuiker-resep op prys stel – ek is alewig onseker daaroor!
En die versiersuiker?
Waar is dié resep? Dit lyk dan so lekker.
Ek kan nie die koek probeer as ek nie ook daardie einste versiersuiker kan maak nie.
Die botter is in die plek van olie