Soorte resepte:

Resep: Tannie Mattie se karringmelkpoeding

Karringmelkpoeding (Foto: Lapa Uitgewers)

Bederf jou soettand met dié smaaklike karringmelkpoeding.

Bestanddele

  • 3 e (45 ml) koekmeel (eetlepels nie afgeplat nie)
  • knippie sout
  • 1 e (15 ml) botter
  • 1 k (250 ml) suiker
  • 3 eiers, geskei
  • ½ t (2,5 ml) vanieljegeursel
  • 1 k (250 ml) karringmelk of dikmelk
  • 2 k (500 ml) volroommelk

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ʼn oondvaste bak van 25 x 30 cm.
  2. Sif die koekmeel en sout saam in ʼn mengbak.
  3. Room die botter, suiker, eiergele en vanieljegeursel saam in ʼn groot mengbak tot lig en romerig.
  4. Voeg die koekmeel, karringmelk en melk om die beurt by die geroomde bottermengsel.
  5. Klits die eierwitte tot stywepuntstadium en vou dit versigtig met ʼn groot metaallepel by die mengsel in.
  6. Giet die mengsel in die voorbereide oondbak en plaas die bak in ʼn waterbad (ʼn groot, plat houer half gevul met water). Plaas die waterbad en poeding in die middel van die oond en bak ongeveer 40 minute tot ligbruin en gestol.
  7. Bedien met room en gouestroop.

Bron: Koljander, koljander so deur die Bosch
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eend Bessinger ·

Daar gaan my gewig weer! Soetgoed en peoding is tog so lekker…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.