Na môre se braai, wanneer die kos afgesak het, gaan mens mos lus wees vir ietsie soets…
Lewer ongeveer 24 happies
Bestanddele:
Kors
- 75 ml (5 e) sagte botter
- 125 ml ( ½ k) strooisuiker
- 1 ekstragroot eier
- 312 ml (1 ¼ k) koekmeel
- 60 ml (4 e) kakao
- 125 ml ( ½ k) klapper
Vulsel
- 250 ml (1 k) morellokersiekonfyt
- 24 heel rooi glanskersies
Bolaag
- 1 ekstragroot eier
- 125 ml ( ½ k strooisuiker
- 437 ml (1 ¾ k) klapper
Metode:
Stel oond op 180°C.
Kors
- Room botter en strooisuiker tot liggeel.
- Klits eier by tot goed gemeng.
- Sif koekmeel en kakao. Roer klapper by.
- Skep meelmengsel by bottermengsel en roer tot goed gemeng. Gebruik jou hande as die mengsel te styf raak.
- Spuit klein muffinpannetjies met kossproei. Skep groot teelepels vol van die deeg in elke holte.
- Druk deeg teen die bodem en kante van elke holte vas.
- Bak vir 10 minute tot gaar.
- Verwyder uit die oond en laat 10 minute eenkant om af te koel.
Vulsel
- Verdeel konfyt tussen elke holte, ongeveer 2,5 ml ( ½ t) per holte en sit ʼn kersie bo-op.
Bolaag
- Klits die eier. Voeg strooisuiker by en klits weer. Roer klapper by tot goed gemeng.
- Skep ongeveer 5 ml (1 t) van klappermengsel bo-op elke happie.
- Bak vir 10 minute of tot goudbruin bo-op.
- Laat die happies in die pannetjie afkoel. Skep versigtig uit en bedien.
Bron: 50 beste gebak uit Vrouekeur
Uitgewer: Lapa