Soorte resepte:

Resep: Klam wortelkoek

Foto: Lekker en Vinnig: Koeke

Foto: Lekker en Vinnig: Koeke

(Uit: 50 Beste gebak uit Vrouekeur, Marlo Carstens)

Lewer 1 koek

Bestanddele:

Koek

  • 4 ekstragroot eiers
  • 375 ml olie
  • 375 ml strooisuiker
  • 500 ml koekmeel
  • 7,5 ml koeksoda
  • 5 ml bakpoeier
  • 10 ml fyn kaneel
  • 2,5 ml gemengde speserye
  • knippie sout
  • 185 ml klapper
  • 185 ml rosyntjies
  • 50 g (½ pakkie) pekanneute, fyngekap
  • 750 ml geskilde, fyngerasperde wortels

Versiersel

  • 125 g (¼ blok) sagte botter
  • 500 g (4 x 250 ml) versiersuiker, gesif
  • 125 g (½ bakkie) laevetroomkaas
  • 50 g (½ pakkie) pekanneute, grofgekap
  • knippie fyn kaneel

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 160 °C.
  2. Voer twee ronde losboomkoekpanne met 22 cm-deursnee met bakpapier uit.

Koek

  1. Klits die eiers, olie en strooisuiker vir 5 minute.
  2. Sif die koekmeel, koeksoda, bakpoeier, kaneel, gemengde speserye en sout saam.
  3. Roer die klapper, rosyntjies, pekanneute en wortels by die meelmengsel tot goed gemeng.
  4. Roer die eiermengsel by die meelmengsel tot goed gemeng.
  5. Skep die beslag in die twee ronde losboomkoekpanne wat met bakpapier uitgevoer is.
  6. Bak vir 50 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.
  7. Laat bietjie in koekpan afkoel. Keer op ’n afkoelrakkie uit om heeltemal af te koel en trek die bakpapier af.

Versiersel

  1. Verroom die botter en klits die versiersuiker bietjies-bietjies by.
  2. Roer die roomkaas by die versiersel tot goed gemeng.
  3. Smeer die versiersel op die koeke. Plaas lae bo-op mekaar en rond met gekapte neute en kaneel af.

Bron: Lekker & Vinnig
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.