Soorte resepte:

Resep: Klein peerkoekies met koffie en sjokolade

Klein peerkoekies met koffie en sjokolade (Foto: Lapa-uitgewers)

As jy nie klein peertjies in die hande kan kry nie, kan jy ook peerkwarte gebruik.

Lewer 24 koekies

Bestanddele

  • 187 ml (¾ k) suiker
  • 3 x 424 g blikkies klein peertjies
  • 90 ml (6 e) kookwater
  • 7,5 ml (1½ t) kitskoffie
  • 75 ml (5 e) kakao
  • 1 ml fyn kaneel
  • 125 ml (½ k) suurroom
  • 2,5 ml (½ t) koeksoda
  • 125 g (¼ blok) sagte botter
  • 250 ml (1 k) strooisuiker
  • 2 ekstragroot eiers
  • 500 ml (2 k) koekmeel
  • 5 ml (1 t) bakpoeier
  • knypie sout

Metode

Stel oond op 180 °C.

  1. Verhit suiker, peertjies en hul stroop tot kookpunt in ʼn groot kastrol.
  2. Draai hitte laer en laat prut vir 10 minute of tot peertjies maklik met mes deurgesteek kan word. Laat vir 15 minute in stroop afkoel. Dreineer.
  3. Sny peertjies se onderkante gelyk en hou eenkant.
  4. Meng water en kitskoffie tot koffie opgelos is. Voeg die kakao en kaneel by en meng goed.
  5. Roer suurroom by tot mengsel glad is. Hou eenkant.
  6. Room botter en strooisuiker tot liggeel.
  7. Klits eiers een-een by. Klits goed na elke byvoeging.
  8. Sif koekmeel, bakpoeier, sout en koeksoda saam.
  9. Vou droë bestanddele en koffiemengsel beurtelings by bottermengsel in.
  10. Skep muffinpapiertjies wat in muffin-pannetjies geplaas is half vol beslag. Plaas peertjie regop in beslag.
  11. Bak vir 15 minute. Laat effens in muffinpannetjie afkoel. Verwyder koekies versigtig.
  12. Laat verder op afkoelrak afkoel tot heeltemal koud.

Wenk: Jy kan ook peerkwarte gebruik in plaas van klein peertjies.

Bron: 50 beste gebak uit Vrouekeur deur Marlo Carstens

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.