Soorte resepte:

Resep: Knoffelbrood

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Ihjaaz Manarikk)

Geniet hierdie broodjie saam met jou volgende braai.

Genoeg vir 6-8 mense

Bestanddele

  • 125 ml sagte botter
  • 2-3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2,5 ml sout
  • 15 ml fyngekapte vars pietersielie
  • 1 Franse of Italiaanse brood
  • 180 ml gerasperde mozzarella (of enige ander kaas wat lekker smelt)

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Meng die sagte botter, knoffel, sout en pietersielie goed in ʼn bakkie tot dit smeerbaar is.
  3. Sny die brood diagonaal in 2 cm-snye, maar maak seker dat jy nie regdeur die brood sny nie.
  4. Gebruik jou vingers om die snye liggies van mekaar te druk en smeer van die knoffelbotter tussen die snye. Druk ʼn bietjie van die kaas tussen die snye en herhaal tot al die knoffelbotter en kaas gebruik is.
  5. Draai die brood in foelie toe en bak ongeveer 15 minute tot die kaas gesmelt het. Verwyder die foelie en bak die brood nog 5 minute om dit lekker bros te maak.
  6. Bedien dadelik.

Bron: Marilyn kuier en kook!

Uitgewer: Lapa

Maroela Media spog nou met ons eie resepteboek, Huis-huis. Koop dit hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

kommentaar ·

Ek kan my soms verstom hoe ‘n eenvoudige resep vleuels kry op maroela media deurdat dit in hoeveel stappe deurgegee word. Maak dit makliker en sit die kaas sommer uit die staanspoor by die Botter knoffel mengsel…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.