Soorte resepte:

Resep: Koekstokkies

Koekstokkies (Foto: PIxabay)

Koekstokkies is feestelik en ʼn goeie idee vir ʼn kinderpartytjie.

Lewer 60 koekballetjies

Bestanddele

  • 250 g sagte margarien
  • 500 ml (2 k) strooisuiker
  • 4 groot eiers
  • 125 ml (½ k) melk
  • 750 ml (3 k) koekmeel
  • 20 ml (4 t) bakpoeier
  • 5 ml (1 t) sout
  • 75 ml (3 e) kakao
  • 125 ml (½ k) warm water
  • 10 ml (2 t) karamelgeursel
  • 500 g wit baksjokolade

BOTTERVERSIERSEL

  • 125 g margarien
  • 500 g versiersuiker
  • 5 ml (1 t) karamelgeursel
  • 30 ml (2 e) kakao
  • 10 ml (2 t) koffiepoeier

Metode

  1. Verroom die margarien en strooisuiker, voeg die eiers by en klits. Voeg die melk by en klits.
  2. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en voeg dit by die eiermengsel. Meng die kakao en warm water en roer dit by. Voeg ook die geursel by.
  3. Gooi die beslag in ʼn gesmeerde oondpan en bak dit vir ongeveer 40 minute by 180 ° Toets vir gaarheid. Laat die koek heeltemal afkoel.

VORM DIE KOEKSTOKKIES

  1. Maak botterversiersel.
  2. Krummel die koek in ʼn groot mengbak. Voeg die botterversiersel lepelsgewys by terwyl jy dit met jou hande meng tot jy balletjies kan vorm. Vorm gholfbalgrootte koekballetjies en pak dit op ʼn skinkbord of ʼn
  3. Smelt ʼn stuk baksjokolade in ʼn koppie in die mikrogolfoond. Druk elke houtstokkie se punt in die sjokolade en druk dit dan in die koekballetjie. Die sjokolade help dat die stokkie in die koek bly, anders val dit uit.
  4. Laat die koekballetjies ongeveer 15 minute in die vrieskas staan sodat dit ferm word.
  5. Smelt nog sjokolade en druk die koekballetjies een vir een daarin. Laat die oortollige sjokolade eers afdrup en druk die stokkie regop in polistireen om te stol. Plaas die koekstokkie in die yskas om hard te word.

Wenk: Houtstokkies wat spesiaal vir koekstokkies gemaak is, is nogal duur. Sosatiestokkies werk amper beter en is baie goedkoper. Sny net eers die skerp punte af.

Bron: Bak dit self deur Marlene Schoeman

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.